Boishaaier 2017

KREATIEWE SKRYFSTUKKE

KIES JOU SKOENE REG

ONS IS NIE ALLEEN NIE…

Ons is die die kinders met verbleikte name. Ons is die kinders wat verdwyn tussen die skare. Ons is die kinders wat altyd raak gesien word as ‘n enkele ding, maar eintlik is ons soveel meer … Ons is die kinders wat elke oggend die stilte van die verwaarlose skoolgange waardeer, die kinders wat die gillery en gekletsery van die alledaagse uitsny, die kinders wat mekaar in die dowe stilte raaksien. Ons is die kinders met onsigbare passie. Ons is die kinders wat agter in die hoek sit en boeke lees. Ons verdwyn na ‘n gedag- tewêreld van kreatiewe denke, idees en verhale. Die blaai van elke bladsy stimu- leer ons (ir)rasionele denkwyse, al dink hulle ons is van ons sinne beroof. Ons is die kinders wat op ‘n Saterdag- middag eerder die asemrowende reuk van vars koffiebone wil beleef, as om die nuutste gier te omhels. Ons verval na ‘n persoonlike ruimte, waar ons droom- wêreld oorneem en meer troos verskaf as die onomkeerbare realiteit. Ons is die kinders wat meer ruik, proe, hoor, sien en voel as meeste ander, sonder om die ge- mak van die koffie en die boek te verlaat.

Ons is die kinders wat op ‘n Maan­ dagoggend eerder die sonsopkoms sal raaksien, as om oor die naweek se rugby- wedstryd te praat. Ons is die kinders wat luister voor ons optree. Ons is die kinders wat as stil, teruggetrokke en vervelig voorkom, maar agter dié laag lê daar ‘n passie vir die lewe. Ons hoor hoe raas die stilte. Ons is die kinders wat lawaai maak in ons gedagtes. Ons is die kinders wat weet wie ons is. Ons weet wat ons doen, hoe ons is en dat hoe ons voorkom, nie vir ander aan- loklik is nie. Ons is die kinders wat op ander maniere funksoneer. Ons is van ander sagteware saamgestel en ons besef dit. Ons besef dit en probeer nie onsself aweregs programmeer om die behoef­ tes van ander te bevredig nie. Ons is die kinders wat tevrede is met wie ons is. Ons is die kinders wat verdwyn in die skare. Ons is die kinders met verbleikte name. Ons is die kinders. Ons is die … Ons is. Ons … ons is nie alleen nie.

Vir my is skoene nie net ’n vorm van vervoer nie, maar ’n simbool wat jou leefstyl en houding teenoor die lewe adverteer. Jou leefstyl en houding teenoor die lewe kan gesien word as ’n uitstappie na die skoenwinkel toe. Jy moet skoene kies wat reg gaan wees vir die roete wat jy beplan om te stap in die lewe. Wil jy die mooi, maar moeilike en gevaarlike bergpad stap of die maklike, maar lelike pad langs die strate van die stad? Jou vriende en familie is die metaforiese skoene van die lewe. Gaan jy ’n goedkoop skoen koop wat nie lank gaan hou nie en moontlik gaan seermaak? Gaan jy die verkeerde vriende kies of gaan jy ware vriende kies wat jou gaan help oor die rotse en deur die dorings? Jy soek mense in jou lewe wat jou gaan help om die moeilike roetes te stap. Jy moet jou vriende reg kies vir die pad wat jy wil stap, want jy gaan nooit plaas toe met plakkies aan nie. Jou vriende en familie is soos die skoene aan jou voete wat jou beskerm teen die harde werk- likheid met al sy gevare waarin ons leef. Wil jy sukses behaal in die lewe en uitstaan bo ander of wil jy net ’n gemiddelde leefstyl leef soos die meerderheid mense in die samelewing? Die winkel maak oor vyf minute toe en jy moet ’n belangrike besluit maak … tekkies of sneakers?

Henricus Basson - Graad 11B

Benje Viljoen - Graad 11A

Ek en Ouboet bly saam met Mamma en Pappa in ons huis. Ouboet is my held. Ek wens ek was al so groot en sterk soos hy. Mamma en Pappa is werk toe. Tannie Sannie is veronderstel om na my en Ouboet te kyk, maar sy lê net voor die televisie. Ouboet speel met tannie Sannie se seun, Jannie. Hy is net so oud soos Ouboet. Ek moet met my blokkies in ek en Ouboet se kamer speel. Ek is mos nie oud genoeg om saam met hulle te speel nie. Blokkiesbou is vervelig sonder ‘n maatjie. As ek te lank so stil sit, voel dit asof daar miere in my broek is. Ek stap na die televisiekamer toe. Die televisiekamer was eers my kamer, maar nou deel ek en Ouboet ‘n kamer. Tannie Sannie weet nie ek loer deur die gleuf tussen die deur en die kosyn nie. Sy kyk alweer haar sepies. Dis vervelig. Ek wonder wat Ouboet en Jannie nou doen. Ek stap deur die huis, maar ek hoor hulle nêrens nie. Hulle moet seker buite wees. Ek stap buitentoe, maar ek sien hulle nie voor die huis nie. Hulle moet seker in die agterplaas wees. Ek stap om die huis agtertoe, maar ek sien hulle nog steeds nie. Waar kan hulle dan wees? Ek hoor iets op die huis se dak. Dit moet hulle wees. Wat doen hulle op die dak? Ons mag nie op die dak klim nie. Dit is een van Mamma se reëls. Ek stap verder van die huis af weg sodat ek beter kan sien. Ouboet spring van die dak af tot op die bure se dak. Die twee dakke is naby aan mekaar, maar dis ver om te spring. Jannie gee ‘n paar treë en spring. Hy land op die bure se dak, langs Ouboet. Broer

Ouboet sien my. Hy weet ek wil ook doen wat hulle gedoen het, maar hy dink ek is te jonk. Voor hy iets kan sê, hardloop ek in die huis in, op met die trap en klim deur die badkamervenster tot op ons huis se dak. Die grond lyk baie ver van hier bo af. Ek weet as ek te lank wag, sal ek nie spring nie. Ouboet en Jannie kyk vir my. Ek weet hulle dink ek sal te bang wees om te spring. Ek moet dit doen. Ek gee twee treë en skiet my so hard as wat ek kan van ons dak af weg. Ouboet kyk vir my. Ek moet dit maak. Ek sal dit maak. Ek verloor hoogte. Ek steek my hande uit na die bure se dak. My bors tref die geut. Ek val! Die rand van die geut skraap oor my keel en vir ‘n oomblik haak my onderkaak oor die geut. My kop ruk op en ek sien Ouboet en Jannie se oë. Ek tref die plaveiselstene met my agterkop en ek sien helder ligte soos wanneer Pappa in die motorhuis sweis. Hy sê altyd ek moet nie na die ligte kyk nie. Ek voel ‘n warm, nat gevoel in my nek en iets ruik soos die warm ysters wanneer Pappa sweis. Dan voel en sien ek hoe ek in ‘n swart tonnel ingesuig word. Net voordat dit heeltemal donker word, hoor ek Ouboet se stem van ver af sê: “Ek het jou mos gesê hy sal spring. Nou kan ek weer alleen in my kamer wees.”

Francois Viljoen - Graad 12E

70 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker