VN May 2017

From the President I Van die President

Wat sal saak maak? Hierdie maand wil ek ‘n kort gedeelte deur die outeur Michael Josephson met jul deel, nadat ek (weereens) onlangs besef het dat ons lewe op aarde regtig maar kort is. Wat sal eendag saak maak? Wat sal ‘n invloed hê, relevant wees, van betekenis wees, gewig dra, of van belang wees?

Jou suksesse sal nie saak maak nie, maar wat jy vir die wêreld beteken het. Dit sal nie saak maak wat jy geleer het nie, maar wat jy ander geleer het. Elke daad van integriteit, medelye, moed of opoffering wat ander se lewens verryk, bemagtig of aange­ moedig het om jou voorbeeld te volg, sal saak maak. Jou bevoegdheid sal nie saak maak nie, maar jou karakter. Dit sal nie saak maak hoeveel mense jy geken het nie, maar hoeveel mense jou vir altyd gaan mis wanneer jy weg is. Jou herinneringe sal nie saak maak nie, maar wel die herinneringe aan jou wat bly voortleef in dié wat jou liefgehad het. Dit sal saak maak hoe lank mense jou onthou, wie jou onthou en waarvoor jy onthou sal word. Om ‘n lewe te leef wat saak maak gebeur nie per ongeluk nie. Dis nie ‘n kwessie van omstandighede nie, maar van keuse.” Kies om ‘n lewe te leef wat saak maak. Nie jou sukesse nie, maar wat jy beteken het...! v Johan Marais

verwronge idee van wat regtig saak maak in die lewe... “Of ons gereed is of nie, eendag kom alles tot ‘n einde. Daar sal geen sonsopkoms meer wees nie, geen minute, geen ure, geen dae nie. Alles wat jy bymekaar gemaak het, of dit nou vir jou kosbaar is of nie, sal aan iemand anders behoort. Jou rykdom, jou roem, jou wêreldse mag sal verskrompel tot onbelangrikheid. Dit sal nie saak maak wat jy besit het nie of wat aan jou verskuldig is nie. Jou haat, griewe, frustrasies en jaloesies sal uiteindelik verdwyn. Maar so sal jou hoop, ambisies, planne en moet-doen-lysies ook verval. Die winste en verliese wat eens so belangrik gelyk het, sal vervaag. Dit sal nie saak maak waar jy vandaan kom nie, of aan watter kant van die spoorlyn jy gebly het nie. Dit sal nie saak maak of jy beeldskoon of briljant was nie. Of jy ‘n man of vrou is, en wat die kleur van jou vel is, sal onbelangrik wees. So, wat sal saak maak? Hoe sal die waarde van jou dae gemeet word? Dit sal nie saak maak wat jy gekoop het nie, maar wat jy gebou het; nie wat jy het nie, maar wat jy gegee het.

Johan Marais

P ersoonlik dink dat vee­ artse, oor die algemeen, al bostaande tot ‘n groot mate vervul omdat ons elke dag ‘n verskil in mense se lewens maak. Maar ek praat uit ondervinding as ek sê dat dit party dae net nie so voel nie. Soms verloor jy ‘n pasiënt, of is dit net onmoontlik om ‘n kliënt tevrede te stel, al doen jy jou bes, of betaal kliënte nie hul rekeninge nie, nadat dit jou bloed, sweet en trane gekos het om die werk te doen... Vertrou my egter as ek sê dat veeartse wel relevant is, gewig dra, saak maak en van betekenis is. Elke dag!

Lees in elk geval die kort gedeelte wat hieronder volg, want soms het ons ‘n

CREDO

We, the members of the Association, resolve at all times: • To honour our profession and its Code of Ethics • To maintain and uphold high professional and scientific standards • To use our professional knowledge, skills and resources to protect and promote the health and welfare of animals and humans • To further the status and image of the veterinarian and to foster and enrich veterinary science • To promote the interests of our Association and fellowship amongst its members.

Ons, die lede van die Vereniging, onderneem om te alle tye: • Ons professie in ere te hou en sy Etiese Gedragskode na te kom • ‘n Hoë professionele en wetenskaplike peil te handhaaf en te onderhou • Ons professionele kennis, vaardigheid en hulpbronne aan te wend ter beskerming en bevordering van die gesondheid en welsyn van dier en mens

• Die status en beeld van die veearts te bevorder en die veeartsenykunde te verryk • Die belange van ons Vereniging en die genootskap tussen sy lede te bevorder.

2 Mei/May 2017

Made with