Previous Page  12 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 52 Next Page
Page Background

10

Mei/May 2017

I

n 1972 betree hy die akademie toe hy aangestel word as senior lektor in die Veekunde Departement van die Vrystaatse

Universiteit se Landbou Fakulteit. Hier doseer hy anatomie, fisiologie en veesiektes en sien ook om na die uitgebreide

proefplase se diere tot sy aftrede in 2001.

Ander werksaamhede tydens sy verblyf in Bloemfontein sluit in 20 jaar as amptelike veearts van die plaaslike

perdewedrenklub en betrokkendheid in verskeie ampte op die komitee van die plaaslike tak van die SAVV. As

tydverdryf het hy gereeld brug en rolbal gespeel

In Desember 1961 trou hy en Elsa Ferreira, ‘n maatskaplike werkster en skoolsielkundige. Uit hulle huwelik van 55 jaar is ‘n

dogter en 2 seuns gebore en was hulle die trotse grootouers van 6 kleinkinders.

Na sy aftrede verhuis hulle na Mosselbaai en 12 jare later na ‘n veiligheidskompleks in George. Hier word ‘n ongeneesbare

bloedarmoede by hom diagnoseer en word hy, met ‘n uiters swak prognose, afhanklik van gereelde bloedseloortappings vir

oorlewing. Die behandeling baat hom egter 2 lange jare grotendeels en dit was eers in die laaste klompie maande duidelik

dat die kroniese siekwees sy tol begin eis en is hy op 31 Maart op ouderdom 81 in sy slaap oorlede. Elsa het hom met groot

deernis en baie liefde enduit in hierdie moeilike tyd bygestaan en versorg.

Vir ons as klasmaats en vriende van hom sedert ons studentedae was sy standvastige en voorbeeldige christelike

geloofslewe en al die goeie karaktertrekke wat daaruit voortspruit sy uitstaande kenmerk. As student was hy een van die

weiniges wat gereeld Sondae eredienste bygewoon het en kon hy 3 baie beproewende familietragedies tydens sy lewe

verwerk sonder dat sy geloof daardeur geskaad is. In sy lyding was hy steeds onbevange en rustig in die wete dat sy

Skepper leef en volkome in beheer is en kon hy in vrede heengaan.

Ons sal hom baie mis en eer sy nagedagtenis as klasmaat, kollega en vriend.

v

Neels en Ingrid Roos

The following SAVA members are available on the SAVA

stress management hotline. If required, they will refer you

to professionals.

The

SAVA Stress Management Hotline

is there to assist members who are

experiencing personal problems by offering access to professional counselling/advice.

The hotline can assist with referrals or simply offer much needed

emotional support when anxiety, depression, anger, grief, loneliness

and fear are at their highest.

Ken Pettey

082 882 7356

ken.pettey@up.ac.za

Tod Collins

083 350 1662

collins@nudvet.co.za

Aileen Pypers

072 599 8737

aileen.vet@gmail.com

Willem Schultheiss

082 323 7019

willem.schultheiss@ceva.com

Nico Schutte

023 626 3516

doknico@tiscali.co.za

Ian Alleman

072 558 4883

accommodation@nieu-bethesda.com

Ellené Kleyn

082 881 8661

elly1@mweb.co.za

Mike Lowry

084 581 2624

mikelowry@sai.co.za

Obituary

I Huldeblyk

IN MEMORIAM

Dr. Harm Gert Jacobus Coetzee

11 November 1935 – 31 Maart 2017

G

ebore en getoë op die plaas Vaalbank in die Bethulie-distrik van die Suid-Vrystaat

matrikuleer Harm in die Hoërskool Pellisier aldaar in 1953. As veearts kwalifiseer

hy in 1958 met onderskeidings in Patologie, Staats-Veterinêre Medisyne en Spesiale

Higiëne van vleis en melk. Dit bekwaam hom uitstekend om vir die volgende 13 jaar

as Stadsveearts in die Bloemfonteinse munisipaliteit se Gesondheidsdepartement te dien.

Behandeling van die diere in die plaaslike Dieretuin was deel van sy pligte.