Previous Page  4 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 52 Next Page
Page Background

2

Mei/May 2017

P

ersoonlik dink dat vee­

artse, oor die algemeen,

al bostaande tot ‘n groot

mate vervul omdat ons

elke dag ‘n verskil in

mense se lewens maak. Maar ek

praat uit ondervinding as ek sê dat

dit party dae net nie so voel nie.

Soms verloor jy ‘n pasiënt, of is dit

net onmoontlik om ‘n kliënt tevrede

te stel, al doen jy jou bes, of betaal

kliënte nie hul rekeninge nie, nadat

dit jou bloed, sweet en trane gekos

het om die werk te doen... Vertrou

my egter as ek sê dat veeartse wel

relevant is, gewig dra, saak maak en

van betekenis is. Elke dag!

Lees in elk geval die kort gedeelte wat

hieronder volg, want soms het ons ‘n

verwronge idee van wat regtig saak

maak in die lewe...

“Of ons gereed is of nie, eendag

kom alles tot ‘n einde. Daar sal geen

sonsopkoms meer wees nie, geen

minute, geen ure, geen dae nie. Alles

wat jy bymekaar gemaak het, of dit

nou vir jou kosbaar is of nie, sal aan

iemand anders behoort. Jou rykdom,

jou roem, jou wêreldse mag sal

verskrompel tot onbelangrikheid. Dit

sal nie saak maak wat jy besit het nie

of wat aan jou verskuldig is nie. Jou

haat, griewe, frustrasies en jaloesies

sal uiteindelik verdwyn.

Maar so sal jou hoop, ambisies, planne

en moet-doen-lysies ook verval.

Die winste en verliese wat eens so

belangrik gelyk het, sal vervaag. Dit

sal nie saak maak waar jy vandaan

kom nie, of aan watter kant van die

spoorlyn jy gebly het nie. Dit sal nie

saak maak of jy beeldskoon of briljant

was nie. Of jy ‘n man of vrou is, en wat

die kleur van jou vel is, sal onbelangrik

wees.

So, wat sal saak maak? Hoe sal die

waarde van jou dae gemeet word?

Dit sal nie saak maak wat jy gekoop

het nie, maar wat jy gebou het; nie wat

jy het nie, maar wat jy gegee het.

Jou suksesse sal nie saak maak nie,

maar wat jy vir die wêreld beteken het.

Dit sal nie saak maak wat jy geleer het

nie, maar wat jy ander geleer het.

Elke daad van integriteit, medelye,

moed of opoffering wat ander se

lewens verryk, bemagtig of aange­

moedig het om jou voorbeeld te volg,

sal saak maak.

Jou bevoegdheid sal nie saak maak

nie, maar jou karakter.

Dit sal nie saak maak hoeveel mense

jy geken het nie, maar hoeveel

mense jou vir altyd gaan mis

wanneer jy weg is.

Jou herinneringe sal nie saak maak

nie, maar wel die herinneringe aan

jou wat bly voortleef in dié wat jou

liefgehad het.

Dit sal saak maak hoe lank mense jou

onthou, wie jou onthou en waarvoor jy

onthou sal word.

Om ‘n lewe te leef wat saak maak

gebeur nie per ongeluk nie. Dis nie ‘n

kwessie van omstandighede nie, maar

van keuse.”

Kies om ‘n lewe te leef wat saak maak.

Nie jou sukesse nie, maar wat jy

beteken het...!

v

Johan Marais

From the President

I Van die President

Johan Marais

Wat sal saak maak?

Hierdie maand wil ek ‘n kort gedeelte deur die outeur Michael Josephson

met jul deel, nadat ek (weereens) onlangs besef het dat ons lewe op aarde

regtig maar kort is. Wat sal eendag saak maak? Wat sal ‘n invloed hê,

relevant wees, van betekenis wees, gewig dra, of van belang wees?

CREDO

We, the members of the Association, resolve at all times:

• To honour our profession and its Code of Ethics

• To maintain and uphold high professional and scientific standards

• To use our professional knowledge, skills and resources to protect and promote the

health and welfare of animals and humans

• To further the status and image of the veterinarian and to foster and enrich veterinary science

• To promote the interests of our Association and fellowship amongst its members.

Ons, die lede van die Vereniging, onderneem om te alle tye:

• Ons professie in ere te hou en sy Etiese Gedragskode na te kom

• ‘n Hoë professionele en wetenskaplike peil te handhaaf en te onderhou

• Ons professionele kennis, vaardigheid en hulpbronne aan te wend ter beskerming en bevordering van die gesondheid en welsyn

van dier en mens

• Die status en beeld van die veearts te bevorder en die veeartsenykunde te verryk

• Die belange van ons Vereniging en die genootskap tussen sy lede te bevorder.